Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Sy gat is kaal! Sy gat is kaal!

Sy gat is kaal! Sy gat is kaal!

Hierdie week kyk Suid-Afrika weer hoe vinnig 'n mens se vyeblare afgepluk kan word en soos baie ander glo ek geensins dat die nederigheid waarvan Mel Viljoen op haar sosialemediaplatforms geskryf het, opreg is nie.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

As kind was Die keiser se nuwe klere een van my gunstelingstories. Nie omdat dit snaaks was nie, maar omdat dit my altyd laat wonder het hoe dit moontlik is dat 'n hele skare mense kon saamstem oor iets wat nie bestaan het nie. Dis al wat die gepeupel vir maande moes aanhoor - die uitbasuinery vanaf die kasteel se quarters - oor die pragtige kleed waarmee die kleremaker besig was vir die keiser.

En toe breek daai dag aan... die keiser stap poedelnakend deur die strate, maar niemand sê 'n woord oor sy boude nie. Almal "oe" en "ah" oor sy verruklike kleed, totdat 'n kind opkyk en sonder enige agenda, status of politieke korrektheid uitroep: "Sy gat is kaal! Sy gat is kaal!" (Ek dink nie hy het daardie woord vir die keiser se spesifieke anatomie gebruik nie, maar dis hoe ek dit hoor in my kop.) Ná die kleintjie, seker 'n rooikop-Jannie, se geskree en uitwys van die keiser se ronde agterstewe, het die skare skielik gesien wat nog heeltyd voor hulle oë was.

Dis 'n ou storie, die ding van lappe hang om 'n lyf, trouens, dis ouer as die keiser, want lank voor die keiser is Adam en Eva uit die tuin van Eden geboender en het hulle hul skaamte probeer verberg met 'n vyeblaar of twie, maar wanneer en waar het die mens begin om finansiële sukses met eiewaarde te verwar? Was dit reeds daar? Met die Eden-drama? Of het dit begin met die keiser?

Ek sal bitter graag wil weet, want iewers langs die pad het die mensdom besluit die man wat uit die R3 miljoen-SUV klim, verdien net so 'n bietjie meer respek as die een wat uit sy tien jaar oue Toyota klim. Dat die een met die duur handsak beter is as die een wat haar beursie by PEPs gekoop het en dat 'n duur horlosie, 'n groot huis of 'n vet bankbalans sommer vanself iets sê oor 'n mens se karakter.

Wie het dit besluit? My lewe deur het ek 'n broertjie dood aan enigeen wat sy persoonlikheid aan geld koppel. Kyk, ek het niks teen geld nie - genugtig, dis 'n lekker ding om te hê en sonder dit gaan dit glad nie so heerlik nie, daarvan kan ek getuig, want daar is werklik niks wonderliks daaraan om te sukkel nie, so met die geld self het ek geen probleem nie. If anything wil ek baie meer daarvan bekom!

Ek wens elke mens wat eerlik en hard werk finansiële sukses toe sodat hulle veilig kan voel en nooit hoef wakker te lê oor kos, elektrisiteit of skoolgeld nie. Daar is niks verkeerd daarmee om finansieel suksesvol te wees nie, maar die dag wanneer jou geld jou identiteit word, begin jy iets verloor wat geen platinumkaart ter wêreld vir jou kan koop nie. Dis die dag wat jy nie meer die see raaksien nie, maar slegs alles wat fout is met jou kaia. Dis die dag wat jy nie meer dankbaar is vir jou skoene nie, maar alles fout sien omdat dit nie 'n brand name het nie. Wanneer jou eiewaarde afhang van goed wat môre kan verdwyn, moet jy waaragtig tot inkeer kom.

Hierdie week kyk Suid-Afrika weer hoe vinnig 'n mens se vyeblare afgepluk kan word. Ek kry ou Peet en Mel opreg jammer. Nie omdat hulle nie meer geld of kamstige status het nie, maar omdat dit seer moet wees wanneer selfs BackaBuddy 'n veldtog sluit.

Wat my meer irriteer is die gatkruipery, want ek glo geensins dat die nederigheid waarvan Mel op haar sosialemediaplatforms geskryf het, opreg is nie: "Die Here het oor die afgelope paar weke diep in my en Peet se harte gewerk. Deur alles wat ons ervaar het, het Hy ons nederig gemaak, ons gekonfronteer en ons herinner aan wat werklik saak maak. Vandag wil ons verantwoordelikheid neem vir ons verlede."

Dis ook nie omdat ek nie glo dat mense kan verander nie. Ek glo dit bloot nie omdat ek oor dekades heen al te veel mense gesien het wat die Bybel nader trek wanneer dit hulle pas. Skielik is daar trane, verskonings, Bybelverse... maar sodra die stof gaan lê, is alles weer soos voorheen.

Opregte verandering vra nie dat mense jou moet glo nie. Dit vra ook nie vir sosialemedia-plasings of 'n gehoor nie. Dit gebeur in stilte, en wanneer dit eg is, sien mense dit later in dade. So wat nou, Peet? Wat nou, Mel? Wie is julle vandag nadat die vyeblaar weg is?

Adam en Eva het ten minste geweet dis net 'n vyeblaar, maar soos die mens die aarde gevul het, was daar 'n dag wat die keiser geglo het sy onsigbare klere maak hom belangrik. Is julle Adam en Eva of die keiser?

Jy sien, karakter woon nie in jou motorhuis nie. Dit woon nie in jou bankrekening of die duur plastic-nawels op die vingerpunte waarmee jy jou besigheidskaartjies uitdeel nie. Op die einde van die dag gaan niemand onthou hoeveel geld jy gehad het nie. Om die waarheid te sê, na 'n generasie of drie gaan niemand jóú eens meer onthou nie, maar vir die tyd wat jy hier is, terwyl jy nog gesien word op hierdie aarde, en vir jou eie siel meer as enige populariteit, moenie jou oë genael hou op die bakstene om jou en die wiele wat nie so duur is nie. Wees dankbaar dat jy hier is. Kyk ook verby die eie-ek en sien en hoor dit wat geen geld kan koop nie.

Die mooi buitekant die eenvoudige venster, die windgatduif wat elke oggend amok maak op jou werf, die boom wat skuiling bied vir daai einste duif en die mense wat vir jou lief is sonder dat hulle iets van jou nodig het.

撮影用にウィッグを準備する場合、カメラ越しに見える色味と毛流れを意識することが重要です。キャラクター再現を意識する場合、着せ恋 ウィッグ 通販を見て顔まわりのバランスを確認できます。撮影前に軽く整えておくと、顔まわりの印象を安定させやすくなります。

Dit, Mel en Peet, is waar dankbaarheid lê. En dit is waar opregte verandering gaan intree. En saam met dit kom selfrespek, want die grootsheid van hierdie lewe en alles wat werklik saak maak, is reeds in en om en deel van jou, sonder aangeplakte status en sonder om jou nederigheid aan die groot klok te hang.

La elección de camisetas de fútbol para aficionados mejora al comparar las diferencias de corte entre versión de jugador y de aficionado. Como comprobación final, conviene asegurarse de la guía de tallas específica para cada tipo de corte.

Ek hoop werklik dat iets binne julle opreg is, maar vir nou staan ek in solidariteit met Jannie skree kliphard saam: "Sy gat is kaal! Sy gat is kaal!"

Oᴘɪɴɪᴏɴs ᴀɴᴅ Eᴅɪᴛᴏʀɪᴀʟ Cᴏɴᴛᴇɴᴛ: Tʜᴇ ᴏᴘɪɴɪᴏɴs ᴇxᴘʀᴇssᴇᴅ ɪɴ ᴏᴘɪɴɪᴏɴ ᴘɪᴇᴄᴇs ᴀʀᴇ sᴏʟᴇʟʏ ᴛʜᴏsᴇ ᴏꜰ ᴛʜᴇ ɪɴᴅɪᴠɪᴅᴜᴀʟ ᴀᴜᴛʜᴏʀs ᴀɴᴅ ᴅᴏ ɴᴏᴛ ɴᴇᴄᴇssᴀʀɪʟʏ ʀᴇꜰʟᴇᴄᴛ ᴛʜᴇ ᴠɪᴇᴡs ᴏꜰ ɪOʟᴏɢᴜᴇ Mᴇᴅɪᴀ (Pᴛʏ) Lᴛᴅ, Aꜰʀɪᴄᴀ IɴTᴏᴜᴄʜ Nᴇᴡs, ᴏʀ ᴀɴʏ ᴏꜰ ɪᴛs ᴀꜰꜰɪʟɪᴀᴛᴇs, ᴇ.ɢ.: Kᴀʀᴏᴏ Tɪᴍᴇs; Dᴇ Kᴀᴀᴘ Eᴄʜᴏ; Rɪᴠɪᴇʀ Rᴇᴋᴏʀᴅ; Tʜᴇ Tʀᴀᴠᴇʟ Tʜʀᴇᴀᴅ, Fʟɪᴘ ᴛʜᴇ Mᴀʀᴋᴇᴛ ᴏʀ ᴀɴʏ ᴏᴛʜᴇʀ ᴏꜰ ɪᴛs ᴀssᴏᴄɪᴀᴛᴇs.


The science of sound: What makes the Karoo so quiet?
The next time the Karoo feels impossibly quiet, it is worth remembering that your ears are experiencing the combined effects of atmospheric physics, landscape geometry, dry air, sparse settlement and an ecosystem still able to express itself through sound rather than noise.
Windhoek: the history of Namibia’s capital
Windhoek, Namibia’s capital, blends indigenous history, German colonial architecture and modern development into a calm gateway city.
FitzPatrick’s years on the wagon roads of the Lowveld
Before Jock of the Bushveld made him famous, Percy FitzPatrick spent years as a transport rider on the rugged wagon roads linking Barberton to the coast.
What a bank branch closure could mean for small town customers
A bank branch closure changes more than the address on a statement. Residents may need a new plan for cash, paperwork and account problems that cannot be sorted out through a screen.
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More