Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Bontebokke vind uit die gras is nie altyd groener anderkant van die draad nie

Keanthan Witbooi was beslis Man of the Match toe hy stof in die Swellendammers se oë geskop het met sy twee drieë.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Bontebokke vind uit die gras is nie altyd groener anderkant van die draad nie
Fotos verskaf deur Riviersonderend-afrigters. Digitaal aangepas: Anchen Coetzee.

Die jong rugbyspelers van Riviersonderend Primêr het die besoekende Bontebokke van Swellendam vandag behoorlik laat gras vreet voor hulle huiswaarts gekeer het.

Die O/13’s het die spelers van Bontebok Primêr gewys dat selfs een wortel, daar waar Dawid hom begrawe het, ’n verskil kan maak toe hulle die besoekers aan die kortste end laat trek het met 27–26.

Die O/13 span van Riviersonderend Primêr. Foto verskaf deur Riviersonderend-afrigters.

Keanthan Witbooi was beslis Man of the Match toe hy stof in die Swellendammers se oë geskop het met die twee drieë wat hy gedruk het. David Davids, Kaya Khanzi en Adriano Newman se voete het ook behoorlik vlamgevat en hulle het elk gesorg vir ’n drie.

Volgens dié span se afrigter, Kevin April, wat ook sportkoördineerder van die skool is, is hy supertrots op die jongelinge met hul flinke spel.

Die O/9’s was goed op dreef, maar kon net-net nie die knoop deurhaak nie en die eindtelling was 10–25.

Rivier se O/11’s het die Bontebokke goed op hul herrie gegee met ’n 5–0 wen toe Lamar Witbooi die drie netjies onder die pale geplant het tydens die eerste van twee wedstryde. Hul tweede wedstryd het presies dieselfde punte opgelewer, maar in guns van die Bontebokke.

Die O/11 span van Riviersonderend Primêr. Foto verskaf deur Riviersonderend-afrigters.

Hierdie joernalis wil nou nie tegnies raak of hare kloof nie, maar die kwas van regverdigheid kan soms nogals goed te pas kom. Wanneer ’n mens in ag neem dat die opposisie ’n A- en B-span gebring het – almal vars spelers – en dat Rivier se O/11-seuns twee maal moes speel met dieselfde spelers, wil dit my voorkom dat die tweede wedstryd eintlik geensins as ’n verloor gesien behoort te word nie. Dit dui juis daarop dat die Rivier-spelers rateltaai is.

La elección de camiseta local de fútbol mejora al comparar la temporada y el contexto de uso del diseño. Las fotografías y la ficha del producto deberían confirmar que la ficha identifique claramente la versión elegida.

“Riviersonderend Primêr se spelers kan hulself behoorlik op die skouer klop vanaand,” het April aan Rivier Rekord gesê. “Hulle het goeie spangees openbaar en nie teleurgestel nie. Baie dankie aan die afrigtigers van die O/9s, Cornwille Lottering en De-Angelo Prins van die O/11s vir jul harde werk. Dankie ook aan almal wat Riviersonderend Primêr se rugbyspelers vanmiddag kom ondersteun het.”

キャラクターの印象を崩さないためには、衣装全体の配色と形を丁寧に確認することが大切です。素材感や装飾を確認するなら、スペースエレシュキガル キャラクター衣装を見て撮影時の印象を考えられます。会場や季節に合わせて素材を考えると、快適さを保ちやすくなります。

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More